Die Afrikaner Fees het ten doel om:
• 'n platform te bied vir die viering en bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur.
• 'n nalatenskap te bou vir toekomstige generasies.
• 'n gevoel van eenheid en trots te versterk binne die Afrikaanse gemeenskap.
Sluit aan by duisende feesgangers hierdie November by die ikoniese Voortrekkermonument, waar ons saam 100 jaar van die Afrikaanse taal vier. Dis ’n een-dag viering van erfenis, musiek en gemeenskap - met van die grootste Afrikaanse kunstenaars in Suid-Afrika op die verhoog.